BCDS Dental Studio

We've caused quite a stir! See what some patients had to say ...

Milan Murray

Aan Dr v Rensburg en personeel,

Soos enige regdenkende mens vrees ek ook maar die Tandarts se stoel! Wie wil nou willens en wetens gepynig word? Groot was my verbasing toe ek by julle spreekkamer uitloop na n dag van behandeling. Ek is behoorlik op die hande gedra.

Met die intrapslag het die smaakvolle interieur en vriendelike personeel my onmiddelik rustig laat voel....( Okay die kalmeerpil het ook gehelp! ) Alles rondom die prosedure is breedvoerig verduidelik en nooit was ek benoud of onseker nie. Die grootste pluimpie vir jou Dr Frik is die kalmte en respek waarmee jy jou personeel behandel. Jy sal nie weet watse verskil dit maak aan die benoude hardklop van die pasient in jou stoel nie. Dis n bevestiging van jou professionaliteit.

Een dag in jou stoel en ek het n nuwe glimlag.

Baie dankie!


More Videos BCDS Veneers - Jo van der Westhuizen

Persoonlike ervaring van Jo van der Westhuizen.

Hoekom jare wag? Dalk is venere 'n geskikte opsie vir jou en die oplossing wat in een dag in een besoek* vir jou afgehandel kan word.

*Afgesien van een vooraf konsultasiebesoek vereis t.w.v. volledige ondersoek, x-strale, beplanning, prysbepaling en materiaalbestelling. (Let wel: Dit is nie 'n voorafvervaardigde produk nie, maar 'n mediese prosedure en ons gee daarom ongelukkig nie bedrae uit die vuis nie.)

Ander opsies wat gekombineer kan word, mag ook insluit: Krone en harsherstellings.

Ander intervensies wat moontlik is in die geval waar u tandheelkundige probleme het, sluit in: Chirurgiese ekstraksie, wortelkanaalbehandeling, of selfs dentektomie (alles verwyder), sou die pasiënt so verkies.

Dan ook bykomende dienste sluit in: Skaleer en Poleer met SYLC-hermneralisering ingesluit, Verwitting, Botox & Fillers.

Soos altyd, skakel (018) 290-5007 (kantoorure) vir flinke diens, antwoorde op enige vrae/navrae, of bespreek sommer nou jou konsultasie! e-pos: info@bcds.co.za


Hannes Muller

Hi Julle!

My glimlag was my hele lewe lank seker een van my grootste bates en sterkste wapens. As kind kon ek met moord wegkom deur net onskuldig te glimlag. Later toe ek die skoner geslag ontdek, het ek menige aanvallige dames se knee laat knak met ‘n skalkse glimlag of ‘n uitbundige skater. Dank vader is ek geseënd met ‘n mooi gebit en was altyd vrygewig met tande wys. Toe ek in die publieke oog begin verskyn, is my publisiteit foto’s gekenmerk met ‘n warm glimlag. Ek is mal vir lag, dis deel van my, ek lag graag! En daar is min dinge in die lewe wat my soveel genot gee as om mense te laat lag. Vir 25 jaar kry ek dit reg om gehore dwars oor die land te laat skater. Dus lag is Hannes.

Toe ek dus ‘n aantal jaar gelede my smile verloor, het ‘n groot deel van my begin kwyn. Dit het begin met ek wat my eie stunts in die TV-reeks “Meester” gedoen het: ek moes van agter ‘n bos uitspring en ‘n perd op volle gallop stop. Teen die agtste ‘take’ was die perd goed gatvol vir die bedaarde man agter die bos en toe ek weer voor hom inspring, slaan hy my met die kop laat ek kers uit in stof rol. Met die breek ek toe twee van my voortande en daar het die gemors toe begin.

Eers is die tande toe gelap en later gekroon. My tandvleis het egter deur die jare begin reageer teen die metaal in die krone en al hoe verder begin wegtrek. Ek het die vrymoedigheid verloor om spontaan te lag en my tande te wys. Toe ek eendag ‘n foto in ‘n koerant van myself sien waar ek met so ‘n stywe bolip glimlag, toe besef ek dat iets gedoen moet word. My tandarts in Johannesburg het egter gesê hy kan nie veel daaraan doen nie, en dit het my geweldig gefrustreer.

Op ‘n heerlike somers dag, met ‘n gholfdag vir Mathys, kruis Dr Frik en die uwe se paaie en daar verander my lewe sommer hand omkeer. En ek bedoel hand omkeer, want dit gebeur in ‘n oogwink. Hulle het ‘n ‘one stop tanne shop’ want alles word daar en dan gedoen. Terwyl Dr Frik en sy wonderlike assistente kiekies van jou bek neem en alles pynloos regmaak, ontwerp sy skone vrou Karin jou krone en maak dit van die hoogste gehalte porselein. En voor jy jou kom kry sit jy met splinter nuwe knersis tande! Daar is net 6 tande in my mond wat hy nie aangewerk het nie en dit het net een en ‘n halwe dag geneem om alles te doen. En verbasend trauma vry en met die minimum ongerief. Hulle boek jou in ‘n lekker gastehuis en two tix en alles is gefix. Dr Frik het my glimlag vir my terug gegee, en daarvoor sal ek hom ewig dankbaar wees!

Groete Hannes Muller


You too can have the pearliest of whites and a Hollywood smile in just one day. Our One-Hour Dental Facelift can take 10 years off your appearance ... All in the time it takes to watch a movie!